Dis dikwels moeilik om te onderskei tussen mites en feite oor wat jy tydens swangerskap kan eet en wat nie. Terwyl ons dié week Swangerskapweek vier, help die kindervoedingkundige Claire McHugh algemene mites die nekslag toedien en leiding gee oor gesonde keuses vir jou en jou ontwikkelende baba.

Mite: Eet vir twee

Waarheid: Ons het al almal die mite gehoor. Terwyl dit waar is dat jou voedingsbehoeftes toeneem en jy ekstra voedingstowwe soos kalsium en yster nodig het terwyl jy swanger is, beteken dit nie jy moet dubbele porsies eet nie. Jy het nie onnodige kilojoules nodig nie. Eet net slimmer en kies voedsame keuses soos maer proteïen, vrugte en groente, en volgrane wat jou ongebore baba ’n sterk, gesonde wegspring gee.

Mite: Wees rustig

Waarheid: Swanger vroue meen dikwels dit beteken ontspan en jou voete in die lug sit vir die duur van die swangerskap. As jy gewoond is aan oefening, is dit in die haak om tydens jou swangerskap aktief te vol te hou met jou gereeld oefenprogram. Oefening is gesond en help jou beter voel. Boweal verkort dit jou kraamtyd en help jou jou lyf terugkry nadat jou baba gebore is. Maar maak altyd eers by jou dokter seker of jou oefenprogram veilig is en nie gevaar vir die baba inhou nie.

Mite: Enige kos is in die haak tydens swangerskap

Waarheid: Eindelose, vreemde kosdrange is ’n werklikheid en waarskynlik onskadelik, tensy jy, soos sommige swanger vroue, voor die drange swig en veel meer kos eet as wat gewoonlik vir jou gesond is. Probeer jou inname van soet kosse soos sjokolade, koekies en lekkers beperk deur so min moontlik soetgoed te eet wanneer jy daarvoor lus kry.

Mite: Jy moenie vis eet tydens jou swangerskap nie

Waarheid: Nie alle vis is sleg vir jou tydens swangerskap nie. Vis bied hoë proteïen van gehalte. Dit het min vet en bevat omega-3-vetsure en ander noodsaaklike voedingstowwe. Die omega-3-vetsure in vis speel ’n rol in die ontwikkeling van jou baba se brein en oë. Sekere vis wat hoë vlakke kwik bevat, kan skadelik vir jou baba wees. Maar tydens jou swangerskap kan jy vis en seekos soos stokvis, sardiens, salm, geblikte tuna en forel eet wat min kwik bevat.

Mite: Vleis is belangrik

Waarheid: Wanneer jy swanger is, het jy soveel yster en proteïen nodig as wat jy kan kry. Een maniere om te sorg jy eet genoeg yster, is om vleis by jou dieet in te sluit. Maar as jy ’n vegetariër is, kan jy vleis met ander vorms van yster en proteïen vervang soos peulgroente (lensies en bone). Jy moet dalk met jou ginekoloog of voedingkundige praat om seker te maak jou baba kry genoeg van die voedingstowwe in en voorstelle kry oor watter kos jy kan eet.