Die seun, wat glo nie kan praat nie, is vuil, gekrap en vol modder in die varkhok gekry.

Daar word nou gegis die seun se ander drie sibbes is van verwaarlosing dood. ’n Vierde kind is glo reeds kort ná geboorte deur die owerheid weggeneem en in ’n familielid se sorg geplaas.

Die sewejarige is opgespoor nadat foto’s op sosiale media verskyn het waarop hy saam ’n vark agterop sy pa se trekker ry. Plaaslike media het die seun gevind en maatskaplike werkers laat kom. Bure vertel hulle het gereeld die seun hoor huil nadat sy ma hom geslaan het. As iemand haar dan daaroor konfronteer, glimlag sy net asof niks gebeur het nie. Die seun is gevind waar hy in die varkhok op ’n hoop klere lê en slaap het. Hy het glo “gestink na vark” het een maatskaplike werker gesê. Die seun is intussen in die sorg van ’n tante geplaas. Hy kan nog nie praat nie, maar dokters meen as hy voortaan in ’n normale omgewing grootword, sal hy leer praat en ’n normale lewe kan lei.

Bronne: Mirror; Daily Mail