Dit sluit in moord (4.2 persent), poging tot moord (6,5 persent) en roof met verswarende omstandighede (1,2 persent).

Daar is ook ’n toename in dwelmverwante misdade (? 13,5 persent), diefstal uit motorvoertuie (3,6 persent), motorkapings (? 5,4 persent) en huisbraak (? 3,6 persent).

Die verslag toon ’n afname in aanranding met die doel om ernstig te beseer (6,6 persent), gewone aanrandings (7,9 persent), seksuele oortredings (? 0,4 persent), gewone roofaanvalle (2,2 persent) en die diefstal van motorvoertuie en motorfietse (4,4 persent).

Daar is nie verslag gelewer oor straat-/openbare roofaanvalle nie.

Die statistieke toon Suid-Afrika het, wat afname in misdaad betref, een van die swakste tye in die laaste dekade beleef.

Faiza Mallick

Bronne: mg.co.za, news24.com, africacheck.org

Photo: Null Value op Flickr