Die voorval het in Schauffhausen in Switserland plaasgevind. Van die strate in die stad is deur die polisie afgesper.

Dit wil voorkom asof die aanvaller se bloedspoor by ’n boekwinkel in die Ou Stad-gedeelte begin het.

Volgens polisiewoordvoerder Cindy Beer het ’n 50-jarige man ernstige kopbeserings opgedoen en ’n tweede persoon is ook ernstig beseer.

Sy het ook genoem dat ’n helikopter ingespan word om na die aanvaller te soek.

Luidens berigte het die polisie bevestig dat hulle nog op soek is na die aanvaller, maar wou aanvanklik nie meer besonderhede verskaf rondom die wapen wat hy ingespan het nie. Hulle het nou wel bevestig dit was inderdaad ’n kettingsaag.

Die aanvaller word as gevaarlik bestempel. Hy is glo onnet in voorkoms en bestuur vermoedelik ’n wit Volkswagen Caddy.

Verskeie winkels en woonstelle is glo ook intussen ontruim as deel van die soektog na die aanvaller.

Volgens Judith van de Hulsbeek, redakteur en verslaggewer van die Nederlandse nuusagentskap NOS, is die aanvaller nog op vrye voet.

In hierdie stadium word dit nie as ’n aanval van terreur bestempel nie.

Bronne: metro.co.uk, 20min.ch