Die voorval het in Turkye se Cappadocia-streek plaasgevind, waar asemrowende warmlugballonvaarte vanuit die Göreme-distrik oor die unieke landskap 'n groot toeriste-attraksie is.

Sterk wind het die ballonne in Ürgüp se rigting gedwing, waar hulle ’n noodlanding moes uitvoer. Die slag was so hard dat dit beserings veroorsaak het.

“Daar is 12 beseerdes in die hospitaal. Drie het beenbreuke opgedoen as gevolg van die landing. Nie een van die beseerdes verkeer in ’n kritieke toestand nie,” het Fatih Yakut van die Kapadokya-hospitaal gesê.

Diegene met minder ernstige beserings is luidens berigte reeds uit die hospitaal ontslaan.

’n Deense toeris, Benny Karl Jensen (54) het verlede maand in dieselfde streek gesterf toe ’n warmlugballon ’n soortgelyke harde landing moes maak. Hy is tydens die landing uit die ballon geslinger.

Die Cappadocia-streek verwelkom jaarliks sowat 2,5 miljoen plaaslike en buitelandse toeriste. ’n Vyfde van hierdie besoekers onderneem van die warmlugballonvaarte.