Die dodetal na die verwoestende aardbewing wat Ecuador Saterdag getref het, staan tans op 272 en meer as 2 500 mense is in die aardskok beseer.

Die aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal gemeet het en die noordwestelike kus die swaarste geraak het, is die ergste om dié Suid-Amerikaanse land sedert 1979 te tref.

Die land se staatshoof, president Rafael Correa, meen die sterftesyfer kan nóg styg; reddingswerkers het teen Sondagaand nog onverpoos na oorlewendes in die puin gesoek.

“Die eerste paar uur is deurslaggewend,” het Rafael gesê. “Ons vind nog tekens dat daar oorlewendes in die puin is en dit kom eerste. Na ons al die oorlewendes gekry het, sal ons daarop fokus om lyke te vind en uit te haal.”

In Japan is meer as ’n kwartmiljoen mense aangesê om eerder hul huise te verlaat in die vrees dat nóg aardbewings sal volg ná twee aardskokke die suidweste van die land sedert Donderdag getref het.

Lees ook: Twee magtige aardbewings het die Kyushu-eiland verlede week geruk en minstens 42 mense is dood. Die Japanese weerburo het ook aangedui dat dit hoogs waarskynlik is dat nog aardbewings in die komende dae sal volg.

Bronne: CNN.com; nytimes.com; bbc.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?