Na wat berig word, het die dodetal tot 20 gestyg.

Vroeër vandag

Twee treine het in Puglia in die suide van Italië gebots. Brandbestryders op die toneel is besig om slagoffers uit die wrakstukke van die treinwaens te haal. Die ongeluk het tussen Andria en Corato plaasgevind. andria Volgens wat tot dusver in die plaaslike media berig word, het minstens 10 mense gesterf en talle is beseer.

So lyk die ramptoneel vanuit die lug. Elke trein het vier waens getrek. Hulle het op ’n enkelspoorlyn gebots.

Nog besonderhede sal later volg.

Bronne: rt.com, independent.co.uk, reuters.com, mailonline.com