Die model en Pasella-aanbieder is 33 weke swanger met haar en manlief Ernst Joubert se tweede kind. Die paartjie woon in St. Albans noord van Londen, waar Ernst vir die Britse rugbyklub Saracens uitdraf. Minki deel gereeld foto’s van haar gesin op Instagram.

Vergeet van popspeel, hul skattige dogter, Katerien, wat vroeër vandeesmaand haar eerste verjaardag gevier het, kry al klaar kitaarlesse by pa!

Minki het vroeër vir ons vertel sy en Ernst wil volgende jaar terugkeer Suid-Afrika toe, en ons wed hulle kan nie wag om hul twee kleingoed hier te kom grootmaak nie. Kyk die oulike foto’s van die gesin hier.

[post-slider]

Lara Atson