Minki en Ernst - sy het hierdie foto Maandag getwiet

Sy het vanoggend getwiet: “Katerien Joubert is vanoggend gebore! 2,93kg en perfek!! Prys die Here vir 'n perfekte baba!!!!”

Die model en TV-aanbieder bly saam met haar man, die Saracens-rugbyspeler Ernst Joubert in St. Albans, noord van Londen. Die paartjie is in Junie verlede jaar getroud.

Minki het Sondag ‘n laaste foto van haar, Ernst en haar swanger magie getwiet. Sy het toe gesê sy “kan nie wag om die ‘ander’ liefde van haar lewe te ontmoet nie”.