Minki het Errie, soos sy liefdevol na hom verwys, op Instagram met hul mylpaal gelukgewens. “Baie dankie vir 5 jaar van pure lekkerte saam met jou, my lief!!! Jy en ons dogtertjies gee betekenis aan my lewe!! Dankie Jesus vir al U Genade!!

Die paartjie het twee dogters, Katerien (3) en Elise (2), en hulle woon op Stellenbosch. 

Minki sal later vanjaar weer te sien wees as aanbieder van kykNET se werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou.

Minki en Boer Ruan.
Baie geluk, julle. Mag daar nog baie gelukkige jare saam wees.