Vroegoggend links #bsv10 #roadtrip #episode1 @kyknettv ? @faano1 Love my strepe hemp van @oldkhaki

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Dit is die tweede seisoen waarin die borrelende TV-persoonlikheid en ma van twee, Minki van der Westhuizen, as aanbieder optree.

Sy reis op die oomblik kruis en dwars deur die land om weer ’n nuwe groep boere te help liefde vind. Sy het die afgelope paar dae onder meer op Calvinia en Maskam gekuier.

Maskam, jou beaut! Boer soek ñ vrou 10 is hier! #bsv10 #episode1 #roadtrip #groterbeterboer @kyknettv ? @simong61

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Die reeks, wat vanjaar al ’n dekade op die kassie is, help enkelloper-boere al sedert 2007 om liefde te vind. Vanjaar sal kykers ook uitvind hoe dit met van die vorige deelnemers gaan en hoe die liefde hulle sedert hul deelname behandel het.

Die tiende reeks gaan drie episodes bykry wat ’n terugblik sal gee oor die vorige nege seisoene en kykers gaan inlig oor waar van die deelnemers hulself in 2017 bevind.

Die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou begin in Oktober.