Die Pasella-aanbieder en model is 12 weke swanger met haar en haar man, Ernst Joubert, se eersteling.

Ernst speel vir die Engelse rugbyklub Saracens en die paartjie woon in St. Albans, net noord van Londen.

‘‘Ek en Ernst is albei onbeskryflik opgewonde oor die swangerskap en die klein wonderwerk wat op pad is!’’ vertel Minki opgewonde.

‘‘Ons voel so geseënd dat God ons gekies het om een van sy kinders groot te maak en lief te hê. Ons sien vreeslik uit na ouerskap en al die nuwe uitdagings wat daarmee saamgaan.

En ons kan nie wag vir ons baba se koms middel volgende jaar nie!’’

Veels geluk julle twee!