.

Die model het so pas die nuus op Instagram en Twitter aangekondig. ‘‘Baba Joubert nommer twee is op pad. Die perfekte Valentynsdaggeskenk. Ons is so opgewonde en voel ongelooflik geseënd,’’ het Minki laat hoor.

Die paartjie se eersteling, Katerien, is sewe maande oud en vier in Julie haar eerste verjaardag. Die paartjie bly in St. Albans, noord van Londen in Engeland, waar Ernst vir die Engelse klub Saracens rugby speel. Hulle het in Junie 2012 op Wellington getrou.  Veels geluk julle twee!

image002

image003

- Lara Atson