Minki, nou tydelik ’n Engelse huisvrou, gesels oor die telefoon vanuit haar knus huis in St. Albans, net noord van Londen. Errie dra tee aan. Errie? Ernst Joubert, ja, die man wat Minki van der Westhuizen (28) se hart verower het. Errie is haar troetelnaam vir hom, en dis oor dié oudkaptein van die Goue Leeus, deesdae ’n speler vir die Londense rugbyklub Saracens, dat Minki deesdae minder model en meer mevrou-by-die-huis is. Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.