Sy is skaars ’n maand oud, maar Katerien Joubert het al haar eerste moltreinrit geniet, vaar die winkels saam met haar ma in en hou klein-klein haar lyf model, al is dit net voor haar trotse ouers se selfoonkameras.

En hoe anders? Haar ma is immers die beroemde model Minki van der Westhuizen.

“Ons neem gedurig foto’s van haar,” vertel die nuwe ma opgewonde oor die telefoon uit St. Albans, buite Londen, waar sy en haar man, Ernst Joubert, woon.

Moenie Lara Atson se artikel en nog pragfoto's in Huisgenoot 15 Augustus 2013 misloop nie