Die Verenigde Arabiese Emirate wil nie burgers se geluk op die spel plaas nie en stel toe amptelik ’n minister van geluk aan. Die land het verlede week hul eerste geluksminister beëdig as deel van die jongste kabinetskommeling. Lees ook: 28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk Die huidige eerste minister, heerser van Doebai en die adjunkpresident, sjeik Mohammed bin Rasjied Al-Maktoem het Ohood Al-Roemi se aanstelling op Twitter bekendgemaak.

Ohood is die eerste mens wat so ’n amp in die Arabiese wêreld beklee. Sy het haar uitrusting vir die geleentheid ewe met ’n halssnoer afgerond met die woord “happy” daarop. Almal wonder natuurlik presies hoe Ohood geluk in die land gaan verseker. Sjeik Mohammed meen die doel hiervan is om ’n samelewing te skep wat voortreflik en op die gesin ingestel is. Hy verduidelik op Twitter – sy manier van kommunikeer met burgers – die nuwe amp sal maatskaplike welstand help bevorder.

Maar hoe groot kan ’n olieryke land se behoefte vir geluk nou regtig wees?

Volgens die Verenigde Nasies se jongste nuutste se Wêreldgeluksverslag wat die land se vrygewigheid vergelyk met die bruto binnelandse produk, is die land die 20ste gelukkigste ter wêreld.

Sona Bahri, ’n inwoner wat meditasieklasse aanbied, het aan CNN gesê bywoning van haar klasse het in die afgelope paar jaar met 500 persent gestyg. Sy meen burgers soek ’n gevoel van kalmte in die dolle sakewêreld.

Lees ook: Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

As deel van die kabinetskommeling wou sjeik Mohammed ’n jeugraad met sy eie minister hê wat nie ouer as 25 is nie. Dié amp word nou gevul deur die 22-jarige Sjamma Al-Mazrui.

Ander nuwe ampte sluit in ’n minister van verdraagsaamheid.

“Regerings moet buigsaam wees. Ons wil ’n jong en aanpasbare regering hê wat ons jeug se strewe verteenwoordig,” verduidelik Sheikh Mohammed. “Die kabinet se fokus is om die land se toekoms, jeug, geluk en opvoeding te bevorder en om klimaatsverandering te bekamp.”

– Saamgestel deur Saskia Hill

Bronne: edition.cnn.com, timeslive.co.za, whatson.ae, english.alarabiya.net

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Patrick Connolly as Finn Kelly

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?