Toe Sunette Viljoen hom daarvan beskuldig dat hy haar prysgeld van R70 000 vir die silwer medalje wat sy by die Olimpiese Spele gewen het, weier. Het hy gou op Twitter uitgevaar oor die spiesgooier.

Sy het vroeër op Twitter ’n skermgreep gedeel van ’n SMS-gesprek tussen haar en Fikile. In die gesprek vra sy vir Fikile wanneer sy haar prysgeld gaan kry. Hy antwoord deur om te sê: “Jy’t dan gesê jy soek dit nie?” Nou het Fikile op Twitter gereageer en woorde het soos vlymskerp spiese in die kuberruim gevlieg. “Sunette is die arrogantste en ondankbaarste persoon en atleet, wat ek al ooit ontmoet het.”

Hy beweer ook dat Sunette het vir almal bekend gemaak dat sy nie die geld nodig het nie, “nou dat sy dit soek moet ek spring?” het hy ook op Twitter gesê. Hy beweer ook hy word “dag en nag” deur Sunette en haar lewensmaat, Li-Mari Louw, deur SMS’e, e-posse en oproepe geteister.
Nie, Sunette of Li-Mari het op hierdie bewerings gereageer nie. Li-Mari het vroeër aan Huisgenoot gesê Sunette staan nie enige onderhoude toe nie. “Sunette is soek nou net haar geld,” het sy gesê.