Die Maleisiese vervoerminister het Dinsdag belowe om enige data bekend te maak as die opnemers ooit opgespoor word. Die regering het vroeër deurgeloop onder kritiek oor die deursigtigheid al dan nie van hul ondersoek.

“Dit gaan daaroor om agter te kom wat die waarheid is. En wanneer ons . . . die waarheid ontdek, gaan ons beslis moet bekendmaak wat in die vlugopnemer is,” het Hishammuddin Hussein aan verslaggewers gesê.

“Daar is dus geen twyfel dat dit bekendgemaak gaan word nie.”

Die Maleisiese regering het nog min verklap oor die ondersoek, wat bygedra het tot die woede en frustrasie van die passasiers se naasbestaandes.

Hishammuddin het die naweek gesê Maleisië se prokureur-generaal is oorsee om met die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie te beraadslaag en te bepaal watter land besit sal neem van die vlugopnemer as dit ooit gevind word.

Maar hy het Dinsdag aan verslaggewers gesê wie dit sal besit, is onbelangrik.

Maleisië dring daarop aan dat hulle niks wegsteek nie, maar hulle moet versigtig wees met kommentaar oor voortgesette ondersoeke.

Hishammuddin het ook gesê ’n te stigte “internasionale ondersoekspan” gaan deursigtig wees en in oorstemming met internasionale standaarde optree.