James Cameron se nuwe wetenskapfiksie fliek “Avatar” het reeds $73 miljoen in Amerika gemaak.

Dit is ‘n sterk begin vir ‘n fliek wat in Desember begin speel het, alhoewel die net kort is van die $77,2 miljoen (R585 miljoen) rekord vir die maand wat twee jaar gelede deur Will Smith se “I Am Legend” opgestel is.

Sam Worthington en Zoe Saldana speel in “Avatar”, ‘n liefdesverhaal wat afspeel te midde die konflik tussen mens en boaardse wesens op ‘n veraf maan in die 22ste eeu.

Bron: www.nuus24.com Op die internet: www.avatarmovie.com