Danksy ’n skikking gaan die geliefde Fast & Furious-ster Paul Walker wat in 2014 tydens ‘n ongeluk gesterf het, se dogter Meadow meer as R104 miljoen ontvang.

Roger Rodas, wat die motor op daardie noodlottige dag bestuur het, word as deels verantwoordelik vir die ongeluk gehou. Lees ook: Paul Walker se dogter dagvaar Porsche ná haar pa se dood Na wat berig word het die hof ten gunste van die sewentienjarige Meadow beslis. Sy sal sowat R104 miljoen ontvang en haar regsverteenwoordiger, Jeff Milam, ongeveer R55 miljoen.

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on
Dit is nie seker of die fondse vir die skikking uit Roger se boedel of van die versekeringsmaatskappy afkomstig is nie.

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on

Die 2005 Porche Carrera GT het in November 2013 in Valencia, naby Los Angeles eers ’n betonpaal en verskeie bome getref het voor dit in vlamme uitgebars het. Jeff Milam het glo gesê dat Roger op slag gesterf het terwyl “Meadow se pa . . . ’n passassier in die motor was. Hy het die ongeluk oorleef maar vas vasgekeer en het doodgebrand vanweë die voertuig se gebreke.”

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on

Kyk: ‘n Liedjie spesiaal vir Paul Walker

Hy het voorts aangedui dat die geld in ’n trustfonds vir Meadow geplaas sal word, maar dit dek slegs ’n fraksie van wat haar pa sou verdien het indien sy lewe nie op so ’n tragiese manier kortgeknip is nie.

Bronne: dailymail.co.uk, usatoday.com, tmz.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!

Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers

Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef

‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding