Miley Cyrus beplan blykbaar ’n wilde partytjie vir haar 21ste verjaardag.

Die Wrecking Ball-sangeres reël glo ’n viering met ’n sadomasochistiese tema om die mylpaal later vandeesmaand te vier. Sy het selfs haar eksverloofde, Liam Hemsworth, uitgenooi.

’n Bron het aan The Sun gesê: “Miley wil hê die partytjie moet kook.

“Sy het partytjiebeplanners aangestel en gevra hulle moet ’n seksgrot met hokke en swepe skep.

“Penisvormige partytjieligte en manlike en vroulike dansers is ook op die lys.”

Miley sal op haar verjaardag op 23 November by die American Music Awards optree en agterna die partytjie aanbied met groot name in die vermaakbedryf as gaste.

Die 20-jarige sangeres het glo weer kontak met Liam nadat hulle in September ná ’n verhouding van drie jaar uitmekaar is en wil hê die 23-jarige akteur moet haar partytjie bywoon.

’n Bron het aan Hollywood Life gesê: “Miley en Liam se pratery het gemaak dat sy hom na haar verjaardagfees nooi, want hulle het vir ’n ruk oor haar 21ste verjaardag gepraat toe hulle nog saam was. Sy hoop en verwag hy sal opdaag.”