Miley Cyrus het glo reeds die beëindiging van haar en Liam Hemsworth se verlowing verwerk en konsentreer nou op haar loopbaan.

Die sangeres (20) en die akteur (23) het verlede maand hul verlowing verbreek.

’n Ingeligte het aan E! News gesê: “Sy doen werklik goed. Die Liam-ding was ’n bietjie van ’n skok, maar sy is nou daaroor. Sy spits haar toe op haar werk, en sy weet dis beter so.”

Miley is glo optimisties oor die toekoms en vind haar loopbaansukses bemagtigend.

Haar vriend het bygevoeg: “Sy het bewys sy het Liam nie nodig om gelukkig of suksesvol te wees nie. Die laaste paar maande was ongelooflik bemagtigend vir haar.”