Met al haar tatoes, begin die ster van So Undercover, Miley Cyrus (20), al soos Angelina Jolie lyk! Ons bekyk haar 18 kunswerke van nader.

Tatoe: Just Breathe  (Haar eerste tatoe)

Betekenis: ’n Huldeblyk aan haar vriendin Vanessa, wat dood is aan sistiese fibrose, en haar twee oupas, wat albei aan longkanker oorlede is. “Dit herinner my ek moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek bedoel, om asem te haal was iets waarmee hulle almal gesukkel het, en dis die mees basiese ding. Ek het dit naby my hart laat aanbring, want dis waar hulle altyd sal wees.”

Tatoe: Love

Betekenis: “Daar is so baie negatiwiteit in die wêreld en al wat jy eintlik moet hoor, is al die liefde. Mense wil vir my sê: ‘Ek het nou net iemand dit of dat oor jou hoor sê,’ en ek ignoreer dit net, want dit maak tog nie saak nie.”

Tatoe: Droomvanger

Betekenis: “Die vier vere stel haar vier broers en susters voor. Die droomvanger is om hulle te beskerm,” verduidelik ’n vriend.

Tatoe: Skedel Sugar Skull

Het jy geweet Miley en haar aan-en-af-verloofde, die akteur Liam Hemsworth, het eenderse tatoes? Die simbool het te doen met ’n Mexikaanse viering, die Dag van die Dooies.

Tattoo: Love never dies

Tatoe: Romeinse syfer

Het jy geweet daar bestaan nie ’n Romeinse syfer VIIXCI nie? Oeps!

“Ek sou nooit ’n betekenislose tatoe kon kry nie.”

Tatoe: ’n Aanhaling deur die eertydse Amerikaanse president Theodore Roosevelt

Dit lui: “Sodat sy plek nooit sal wees by daardie koue en bedeesde siele wat nie oorwinning of nederlaag ken nie.”

Betekenis: Dit kom uit die president se toespraak Burgerskap in ’n Republiek, oor die verskil tussen mense wat iets doen en soms misluk teenoor mense wat staan en kritiseer van die kantlyn af.

Het jy geweet Liam Hemsworth het die voorafgaande reël van die toespraak op sy arm laat tatoeëer?

Tatoe: Gekruiste pyle

Betekenis: Die LA Ink-tatoeëerkunstenaar Kat Von D het dié simbool van inheemse Amerikaners van vriendskap geskep.

Tatoe: Da Vinci se hartskets

In circle: Nuwe tatoe

“Dit was ’n uitdagende en baie prettige tatoe,”vertel die bekende tatoeëerkunstenaar Kat Von D.

Tatoe: Hart

Het jy geweet haar ouers en ouer broer en suster het soortgelyke tatoes?

Tattoo: Kruis

Tattoo: Vredesteken

Tattoo: Anker

Betekenis: “Sy wou iets hê wat na ’n veilige hawe verwys, iets wat haar herinner dat sy altyd ’n veilige plek het om na terug te keer. Dit dui op hoop en is ’n herinnering om altyd vierkant op die aarde te bly,” sê die tatoeëerkunstenaar Fabio Satori, wie se ontwerp dit is.

Tattoo: Karma

Tattoo: Gelykteken 

Betekenis: “Toe ek ’n foto van my tatoe op my Twitter-blad deel en sê: Alle LIEFDE is gelyk, het baie mense my gespot. Hulle het gesê: ‘Wat het jou oorgekom? Jy was ’n Christen-meisie!’ Toe sê ek: As jy regtig ’n  Christen is, sal jy jou feite agtermekaar hê. Christenskap gaan oor liefde.”

Tatoe: Om-simbool

Tatoe: Bose oog

Tatoe: Bad

BRONNE: HARPERBAZAAR.COM, STEALHERSTYLE.NET, EONLINE.COM, PEOPLE.COM, GLAMOUR.COM, DAILYMAIL.CO.UK, OKMAGAZINE.COM