Miley Cyrus het met die verfilming van haar nuwe musiekvideo weerloos gevoel.

Miley (20) lyk kaal in die video van haar nuwe liedjie, Wrecking Ball. Tog sê sy dat sy meer senuagtig was om haar emosioneel bloot te lê.

Die verloofde van die The Hunger Games-ster Liam Hemsworth sê die video het meer om die lyf as wat dit voorkom. Sy het Woensdag in New York op Elvis Duran and the Morning Show op Z100 gesê: “As jy werklik na my kyk, sal jy sien ek lyk selfs meer gebroke as wat die liedjie klink. Die liedjie is ’n popballade waarmee almal hulle kan vereenselwig; almal voel die een of ander tyd so.

“As mense verby die ooglopende kan kyk en hul verbeelding gebruik en sien wat die video werklik beteken . . .  dis so weerloos. Wanneer jy na my oë kyk, lyk ek meer hartseer as wat my stem klink. Dit was moeiliker om die video te skiet as om die liedjie op te neem. Dit was ’n emosionele ervaring.”

Sy het oor die kritiek oor haar onlangse suggestiewe vertonings gesê: “Ek het net pret. Dit maak nie saak hoe mense daarna kyk nie.”