Die Wrecking Ball-sangeres voel nou baie beter nadat sy meer as ’n week onder die wakende oog van dokters deurgebring het nadat sy ’n kwaai allergiese reaksie op antibiotika gehad het.

Die 21-jarige, wat op 15 April in die hospitaal opgeneem is, moet noodgedwonge haar Bangerz-konserttoer herskeduleer nadat haar liggaam die Cephalexin verwerp het wat sy vir sinusontsteking geneem het.

Die Europese skof van die toer, wat op 2 Mei begin, gaan soos beplan voort.

Die blondine het verlede week haar frustrasie uit haar hospitaalbed bekendgemaak nadat sy haar vertoning op 17 April in haar tuisstad, Nashville, Tennessee, moes afgelas.

Sy het die volgende getwiet: “Moeg daarvan om wakker te word met naalde om my #goingthruit #floyfriday.”

Miley se siekte kom ná die hartseer van haar geliefde hond Floyd se dood vroeër vandeesmaand, wat haar “uitgeput” en “letterlik siek” gemaak het.

- BangShowbiz