Miley Cyrus maak grappies oor stories dat sy swanger is met Juicy J baba.

Miley (20) se naam is die afgelope paar maande gekoppel aan sowel die vervaardiger Mike WiLL Made It as die rapper Juicy J s’n. Sy het op Twitter gelag oor gissings dat sy Juicy J se baba verwag.

Miley het geskryf: “Hoor die nuus ek is swanger met @therealjuicyj baby.”

Sy het bygevoeg sy het in gesprek met haar assistent en beste vriendin, Cheyne Thomas, gesê sy gaan die vermeende baba Juicy J jr. noem.

Miley geskryf: “Ek: Het jy geweet ek is vanoggend swanger met @therealjuicyj baby’. @CheyneThomas: “Wat gaan jy dit noem?’ Ek: Juicy J jr. DUH.”

Miley se eksverloofde, Liam, dink glo sy wil net sy aandag trek en ignoreer die skinderstories oor haar. Hy is besig met die verfilming van die derde The Hunger Games-rolprent, Mockingjay - Part 1, in Atlanta, Georgia.