Miley Cyrus het “Rolling $tone” op haar voetsole laat tatoeëer.

Miley (20) het die tatoe gekry terwyl die tydskrif Rolling Stone met haar ’n onderhoud gevoer het. Haar rede? Sy wou iets lekkers doen.

Sy het ’n foto van haar nuwe tatoe met haar miljoene aanhangers op haar Instagram-blad gedeel.

Op die foto kan ’n mens die woorde “Rolling” op haar regtervoet en “$tone” op haar linkervoet in swart ink sien. Sy het onderaan geskryf: “#rattatattat @RollingStone”.

Die sangeres van Wrecking Ball het haar besluit om die tatoe te kry aan die bydraende redakteur, Josh Eells, verduidelik: “Ek het daaraan gedink om laser-skiet te speel. Maar dis nie lekker nie. Ons kon rolbal gaan speel het, maar wat is ons, 90?”

Miley verskyn naak in ’n swembad op die tydskrif se voorblad. Sy lek haar skouer en haar tatoe van ’n droomvanger wys duidelik op haar regterkantste ribbekas.

Die gewese Hannah Montan-ster het haar eerste tatoe in 2009 gekry toe sy 17 was. Sy het nou al ’n hele paar, soos die Romynse syfers VIIXCI, wat staan vir 7/91 – die maand waarin haar ouers, Billy Ray Cyrus en Tish, ontmoet het. Daar is ook die aanhaling: “So that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat,” en die woorde “just breathe”.

Sy het ook skedels op haar enkels, die Hindoe-simbool ohm, en ’n anker op haar gewrigte.

Miley vertel sy het die akteur, Stephen Baldwin (47), oorreed om die voorletters van haar alter ego, Hannah Montana, op sy skouer te laat tatoeëer.