Miley Cyrus is in die hospitaal en kan nie soos beplan haar Bangerz-konsert in Kansas City, Missouri, uitvoer nie.

’n Woodvoerder vir die 21-jarige sanger sê sy het haar konsert gekanselleer nadat sy gehospitaliseer is ná ’n kwaai allergiese reaksie op antibiotika.

Meghan Prophet het in ’n verklaring gesê Miley rus nadat haar dokter haar aangeraai het om dit te doen.

Miley het op Twitter gesê sy is baie ongelukkig dat sy die vertoning moes kanselleer. Sy het ook ’n foto getwiet waarin dit lyk of sy ’n hospitaaljurk aanhet.

Kaartjiehouers vir die vertoning by die Spring Center se geld is terugbetaal