Sy het aan die Amerikaanse TV-program Extra gesê sy sal hou van ’n langafstandkêrel omdat dit tyd sal bespaar. “Ek het iemand nodig wat my nie regtig vaan aangesig tot aangesig wil sien nie en iemand wat net hou van FaceTime,” sê sy. “SMS-verhoudings is die beste; ek hou van lang afstande, ek hou van praat met jou op die foon, ek is mal oor Skype, maar ek wil nie hê jy moet my nou pla nie. Ek is te besig.”

Dink jy dit kan werk? Wat dink jy van langafstandverhoudings?