Miley Cyrus sê Demi Moore het haar help grootword.

Miley is bly sy kon Demi (50) verlede jaar in Detroit op die stel van hul rolprent LOL ondersteun. Dit was kort nadat Demi en Ashton Kutcher ná ses jaar in November 2011 geskei is.

Sy het aan Rolling Stone gesê: “Ons het mekaar nodig gehad. Dit was vir ons albei nodig om uit LA te kom.”

Miley sê Demi het haar weer help grootword en wegbeweeg van haar Hannah Montana-verlede.

Sy het bygevoeg: “Ek het gevoel ek het in Detroit grootgeword. Dit was net vir ’n somer, maar dis waar ek begin uitgaan het na klubs, waar ek my eerste tattoe gekry het. Wel, nie my eerste tattoe nie, maar my eerste sonder my ma se toestemming. Ek het vir die ou gejok en gesê ek is 18. Ek het ’n hart op my vinger gekry en twee maande ’n pleister gedra sodat my ma nie uitvind nie.”

Miley sê haar vorige verloofde, Liam (23), het haar ondersteun toe sy haar grootste transformasie ondergaan het. Dit was laas somer, toe hulle vir die verfilming van sy rolprent, Paranoia, in Philadelphia gebly het.

Sy het gesê: “Beste somer ooit. Ek het alle bande verbreek. Ek het van my bestuurder ontslae geraak, ek het van my platemaatskappy ontslae geraak. Ek het net van voor af begin.”