Miley Cyrus het die spot gedryf met die Hannah Montana-program terwyl sy Saturday Night Live aangebied het.

Die sangeres van Wrecking Ball het reguit gesê sy het haar vorige Disney-self finaal agter haar gelaat.

Miley (20) se onlangse kommentaar oor Amanda Bynes se geestesongesteldheid en haar stomende twerking saam met Robin Thicke by die MTV Video Music Awards het wêreldwyd opskudding veroorsaak.

Sy het Saterdagaand in haar openingsmonoloog gesê: “Daar is ’n paar onderwerpe wat ons sal vermy. Ek gaan nie Hannah Montana doen nie, maar ek kan jou vertel wat met haar gebeur het: sy is vermoor.”

Die We Can't Stop-sangeres wou ook nie twerk nie. Sy het gesê: “Daar sal vanaand geen twerking wees nie. Ek het eers gedink twerking is koel, maar dis dof nou dat wit mense dit doen.”

Miley het geskerts oor haar opspraakwekkende MTV VMA-vertoning. Sy het gesê sy het oproepe gekry van woedende ma’s en pa’s wat seksueel geïnteresseer was.

Sy het bygevoeg: “Ek maak nie verskoning vir my VMA-vertoning nie. As ek enigiemand ’n verskoning skuld, is dit die mense wat die onderste gedeelte van hemde maak.”

Die jong ster, wat verlede week omtrent alles vir ’n fotosessie uitgetrek het, het gesê sy is nie jammer oor haar nuwe beeld nie.

Sy het gesê: “Ek is gebore om te wees wie ek nou is . . . ek is op ’n plek in my loopbaan waar ek presies kan wees wat ek wil wees, wie ek wil wees.

“Ek het hierdie vryheid om te doen wat ek wil omdat ek nou as ’n nuwe kunstenaar begin.

“Elke keer dat ek iets doen, wil ek onthou: Dis wat my anders maak as almal anders.”