Miley Cyrus sê Britney Spears was die inspirasie vir haar stouter styl.

Die gewese Hannah Montana-ster sê Britney se video van 2001 I'm a Slave 4 U was die inspirasie vir haar oorskakeling na ’n “volwassener” styl. Britney gee in dié video ’n tree na ’n volwassener beeld.

Miley het op die Britse geselsprogram Alan Carr: Chatty Man vertel: “Ek was behep met haar Slave 4 U-video. Tot my pa se ontsteltenis, het ek die hele video probeer naboots.

“Britney het eenkeer naby my pa se woonplek in Kanada opgetree, maar ek is nie toegelaat om haar vertoning by te woon nie omdat ek altyd probeer het om alles te doen wat sy doen.”

Miley het onlangs met ’n gewaagde vertoning by die MTV-musiekvideopryse opspraak verwek. Sy het ter verdediging gesê sy het gedink dit was veronderstel om ’n lawwe aand te wees. “Ek het nie aan die reaksie gedink tot die volgende oggend nie, toe ek besef die hele wêreld is in oproer daaroor nie.”