Mila Kunis en Ashton Kutcher het vir die tweede keer ouers geword nadat die aktrise Woensdag die lewe geskenk het aan ’n babaseun. Die paartjie, wat verlede Julie afgehaak het, het in 2014 die eerste keer ouers geword toe hul dogter, Wyatt, gebore is.

A photo posted by Revista QUEM (@quemacontece) on

Ashton (38) het die baba se geslag verklap tydens ’n verskyning op die Today Show in Amerika. Toe die aanbieder, Savannah Guthrie, vra hoe sy dogter dit hanteer dat sy ’n ousus gaan word, het die akteur gesê klein Wyatt probeer nog verstaan dat haar ma swanger is. Lees ook: Swanger Rolene Strauss nog kliphard aan die werk “Sy wys na Mila en sê: ‘Bababoetie’ as sy na die maag wys en dan wys na sy pa en sê: ‘Bier!’,” het hy vertel. “So ek dink sy verstaan daar’s iets in die maag, maar ek dink nie sy besef dit gaan nie ’n plastiekpop wees nie.”

A photo posted by ????? ? ?????? (@insider.az) on

Wyatt het op 1 Oktober twee geword.

Die pasgebore baba se naam is nog nie bekendgemaak nie, maar Ashton het onlangs aan die Amerikaanse kletsprogramaanbieder Conan O’Brien gesê hy wil die kleinding Hawkeye noem – dis die bynaam van sy geliefde voetbalspan van die Iowa-staatskollege.

“Dis soos in M.A.S.H.! Hy kan ’n dokter wees!”

Lees ook: Bekende Hollywood-ster deel swangerskapsnuus!

Ashton het verwys na die karakter Captain Benjamin Franklin “Hawkeye” Pierce, ’n chirurg in die Koreaanse oorlog, vertolk deur Donald Sutherland in die fliek van 1970, en deur Alan Alda in die televisiereeks.

Hy’t egter gesê Mila (33) het ’n stokkie voor die idee gesteek.

© Cover Media