Die akteurs het hul eersteling, Wyatt, in Oktober 2014 in die wêreld verwelkom en hul verteenwoordiger het Woensdag aan die tydskrif People bevestig hul dogter word binnekort ’n ousus.

Die nuus oor Mila se swangerskap is dalk vir haar aanhangers ’n verrassing. Die ster het immers net verlede maand terwyl sy vir haar nuwe komedie, Bad Moms, voorbrand gemaak het volgehou sy verwag nie.

Lees ook: Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Sy het wel gesê sy wil graag haar gesin saam met Ashton uitbrei. “Ek is nie swanger nie, maar ek wil absoluut eendag nog kinders hê, vir seker,” het sy toe aan Entertainment Tonight gesê. Maar al is sy dol oor ma wees, het Mila al geskerts hoe dit haar gereeld met vrees vervul om agter haar babadogter aan te hardloop.

“Sy’s mal. Kinders is mal,” het Mila laggend aan People gesê. “Ek verstaan nie regtig hoe hulle almal aan die lewe bly nie.”

Lees ook: Taylor Swift: Koebaai, DJ, hallo, nuwe James Bond!

Tydens ’n verskyning op die Amerikaanse geselsprogram The Ellen DeGeneres Show het haar wederhelf ook die onderwerp aangeroer. Hy het vir Ellen gesê: “Sy (Wyatt) probeer haarself gereeld doodmaak. Sy besef nie daar is ’n afgrond en dit kan gevaarlik wees nie. Sy sal net van die ding af spring. Jy sou dink hulle het instink oor vuur en groot valle, maar hulle het nie.”

Mila en Ashton het mekaar op die stel van hul sitkom That ‘70’s Show ontmoet, maar eers in 2012 begin uitgaan. Die jare lange vriende is in Julie 2015 getroud.

© Cover Media