Die 31-jarige aktrise het volgens TMZ Dinsdagaand by die Cedars-Sinai-hospitaal die lewe geskenk aan haar eersteling, ’n dogter.

Die webtuiste berig die paartjie het Dinsdagoggend omstreeks sesuur by die hospitaal aangekom en is reguit na ’n kraamsaal gebring.

Ná ’n lang kraamproses het Mila Dinsdagaand die lewe geskenk.

Volgens TMZ was Ashton en Mila tydens die geboorte alleen, en het sonder enige gesinslede by die hospitaal aangekom.

Hulle berig ook die bevalling het op ’n goeie tyd gebeur; die baba se geboorte val saam met die Joodse Nuwejaar.

Dit is onlangs berig die 26-jarige Ashton is effe senuagtig oor Mila wat moet kraam – hoofsaaklik omdat hy binnekort weer moet begin skiet aan die TV-sitkom Two and a Half Men.

“Hy is ’n senuwrak,” het ’n bron verlede maand aan die tydskrif People gesê. “Hulle het gehoop die baba kom hierdie week omdat sy program ’n blaaskans neem.”

Mila het blykbaar in die laaste dae van haar swangerskap self ongeduldig begin raak.

“Mila wil hê die baba moet nou kom,” het die bron gesê.

Mila en Ashton het mekaar in 1998 op die stel van That ’70s Show ontmoet, maar hul vriendskap het eers in 2012 in ’n romanse verander.

Hulle het in Februarie vanjaar verloof geraak.

© Cover Media