Die 85-jarige Sophia Julius leun swaar op haar kierie terwyl sy die stofstraat oorsteek om te kom groet.

“Hallo, antie Nooientjie!” koor ’n groep seuns wat in die warm Kalahari-son ’n bal rondskop.

Almal ken haar so: Nooientjie Natgooi. Haar hele lewe bly sy hier op Rietfontein, ’n paar kilometer van Namibië se grens af. Dis die hoofdorp van die Mier-gebied, verduidelik sy.

Dié gebied, in ’n noordelike uithoek van die Noord-Kaap, beslaan sowat 11 000 km2, maar is bitter yl bevolk met net sowat 7 000 inwoners. Dit wat vir ander Suid-Afrikaners vanselfsprekend is, soos ’n teerpad, elektrisiteit en FM-opvangs, het eers onlangs in dié geweste verskyn.

Boonop skrik hulle nie vir Vader Tyd nie: Volgens die 2011-sensus is Mier een van drie landelike gebiede in die land waar verbasend baie senior burgers woon.

Lees meer in die 3 Januarie-uitgawe van Huisgenoot.