Dit het twee jaar geneem voor sy prontuit oor die skielike dood van haar voormalige verloofde, Heath Ledger, kon praat.

Maar volgens Michelle Williams was sy na die tyd baie spyt dat sy haar gevoelens met die media en publiek gedeel het, het die Mail Online berig.

In die nuutste uitgawe van Vogue gesels die 31-jarige aktrise oor die lewe ná Heath se dood en hulle dogter, Matilda.

Michelle vertolk die rol van Marilyn Monroe in haar nuutste fliek, “My Week With Marilyn”. Die fliek fokus op Marilyn se besoek aan Londen saam met die Britse filmmaker, Colin Clark.

Klik hier om meer te lees. 

Volg Huisgenoot op Twitter.