Die 45-jarige was in ’n kunsmatige koma sedert hy in Desember by die oord Meribel in die Franse Alpe ’n ernstige kopbesering opgedoen het.

Sy bestuursonderneming sê in ’n verklaring: “Michael is uit die CHU Grenoble ontslaan om sy lang fase van rehabilitasie voort te sit. Hy is nie meer in ’n koma nie.

“Sy familige bedank al die dokters, verpleegsters en terapeute wat hom in Grenoble behandel het asook die noodhulpwerkers by die ongelukstoneel, wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het in daardie eerste maande.

“Die familie bedank ook almal wat vir Michael al die vele goeie wense gestuur het. Ons is seker dit het hom gehelp.”

“Vir die toekoms vra ons begrip dat sy verdere rehabilitasie uit die openbare oog sal plaasvind.”

Bron: Sky News