Volgens die Britse koerant The Mirror het die voormalige F1-renjaer ook drasties spiermassa verloor. Dis nou die 83ste dag dat Schumacher in ’n koma is sedert hy in Desember 2013 kopbeserings in ’n ski-ongeluk in Meribel, Frankryk opgedoen het.

Hy is steeds bewusteloos. Dokters het wel begin om die verdowingsmiddels wat Michael in ’n koma hou, te verminder.

Bron: The Mirror