Meeste mense beskou hulle 40ste verjaardag as die einde van ’n era, maar Hello Doctor-aanbieder Michael Mol het dié mylpaal met ope arms ontvang.

Die bekende TV-aanbieder het vandag sy 40ste verjaarsdag gevier en het sy Hello Doctor-medewerkers met ‘n sjokoladefontein, aarbeie en sjampanje bederf.

“Die beste ding van 40 jaar oud word, is dat jy weet wie jy is en jy hoef nie verskoning te maak daarvoor nie. Met ouderdom word jy ook meer gemaklik met jouself en kry jy meer selfvertroue,” sê die veertigjarige.

“Ek het nou my droomwerk. Hello Doctor laat my toe om my twee passies in die lewe – medies en media – te kombineer.”

Gevra watter gesondheidsadvies hy vir mans bo 40 het, het Michael geantwoord dat mens se liggaam nie skielik verander op 40 nie.

Sy vrou Jacqui het bygevoeg dat as dit kom by ouer mans is ’n goeie sin vir humor altyd die beste medisyne.

Volg Huisgenoot op Twitter.