5:00pm 05/05/2013

, Prince Michael en Paris Jackson.

Die voormalige kinderakteur beweer die Thriller-ster het hom sowat ’n jaar voor die geboorte van sy oudste seun, Prince Michael (16), gevra om sperm te skenk. Die oorlede koning van pop se dogter, Paris, is nou 15.

Die 54-jarige pa van vier het vir die koerant Sunday People gesê: “Nadat Michael my gevra het om vir hom sperm te skenk, het ek heeltemal daarvan vergeet.

“Hy was vir hulle ’n goeie pa. Hy het die kinders grootgemaak en was uitstekend met hulle; daarom het ek dit nie aangeroer nie, maar daar is duidelik ’n groot moontlikheid (dat ek die biologiese pa kan wees).

“Ek sal nie ’n DNS-toets laat doen sonder die kinders se toestemming nie, maar wanneer hulle binnekort mondig word en hulle besluit hulle wil dit doen, sal ek. Dit hang van hulle af.

“Ek wil nie vir hulle sê wat hulle moet doen nie. Ek wil net weer bande smee en die peetpa wees wat Michael my gemaak het.”

Mark, wat 30 jaar met Michael bevriend was, beweer hy word sedert die oorlede sanger se gedenkdiens in 2009 belet om kontak met die kinders te hê. Maar hy wil hê hulle moet by hom en sy gesin kom kuier.

Hy het gesê: “Ek is hier. Kom kuier in Engeland. Ons sal na julle kyk.”

Katherine Jackson, die wettige voog van Prince Michael, Paris en hul 11-jarige broer, Blanket, het onlangs geëis dat bewyse oor die vaderskap van haar kleinkinders uit die gesin se hofsaak van sowat R360 biljoen vir onregmatige dood teen AEG Live geskrap word. Sy voer aan dis onnodig dat die jurie enigiets van hul biologiese afkoms hoef te weet.

Intussen was Paris verlede Saterdag saam met haar biologiese ma, Debbie Rowe, by dié se perdestalle in Palmdale, Kalifornië. Die twee kuier glo die afgelope ruk gereeld saam en is nou baie geheg aan mekaar.

Debbie het in Augustus 2009 ’n skikking met Michael se ma bereik waarvolgens sy haar kinders onder toesig mag sien.