Michael Jackson se kinders het die lykshuis ná sy dood “10 keer” besoek.

Die sanger van die treffer Thriller is in 2009 oorlede en sy ma Katherine, wat as voog oor sy kinders aangestel is, het onthul dat hulle gesukkel het om die dood van hul pa te aanvaar.

Sy het aan die Australiese nuusprogram 60 Minutes gesê: “Die kinders is omtrent 10 keer terug na die lykshuis waar Michael gelê het. Al was ek in die vertrek, kon ek nie soontoe gaan nie . . . my dogter LaToya het gesê die kinders het Michael gedruk en gesoen.

“Selfs al was hy dood, het hulle dit nog gedoen.”

Michael se dood het Paris veral erg getref, en die tienerster het vroeër vanjaar haar lewe probeer neem.

Katherine het bygevoeg dat haar kleindogter ná sy dood daarop aangedring het om foto’s van die sanger “oral in haar kamer” te hê.

Sy het gesê: “Toe Michael dood is, het sy geskree en gehuil en gesê: ‘Ek wil saam met jou gaan, Pappa, ek wil nie sonder jou leef nie . . .’ Ek het so sleg vir haar gevoel.

“Paris het ná sy dood baie swaargekry. Sy moes foto’s van Michael oral in haar kamer hê. Elke foto teen haar muur moes van Michael wees.”