Op papier is hulle drie van die wêreld se rykste tieners, maar in die werklikheid lyk dinge nie so rooskleurig vir die wyle koning van pop, Michael Jackson, se kinders nie.

Paris (19), Prince (17) en Blanket Jackson (14) kon eens regmaak om biljoene dollars in tantieme van hul wyle pa se boedel te erf as hulle 30 word. Maar nou is ’n groot deel van hul erfporsie van sowat R19 biljoen in gedrang weens Michael se “finansiële roekeloosheid” voor sy dood in 2009.

Die sanger skuld die binnelandse inkomstediens (IRS) R7,64 biljoen in onbetaalde belasting, en het ’n verdere R4,58 biljoen se skuld – wat beteken net ’n klein deel van sy verdienstes oor dekades sal nou aan sy kinders nagelaat word.

Lees ook: Michael Jackson kon R15 biljoen uit toer verdien het Die driestuks staar nie nou net ’n groot finansiële stryd in die gesig nie, maar die onlangse verkope van die ikoon se publisiteitsregte in die Sony/ATV Publishing-groep (glo vir $546 miljoen) beteken nou hul nalatenskap is ook op die spel. Die groot uitbetalings het Michael se reeds verbysterende belastingskuld met ’n verdere R106 miljoen opgestoot. “Die boedel het die groot bedrag bevraagteken, maar die Sony-ooreenkoms het die bedrag wat hulle skuld opgestoot,” vertel ’n bron. En om die familie se geldsake verder deurmekaar te krap, sukkel hulle om Michael se beroemde Neverland Ranch verkoop te kry.

Die reuse eiendom en gronde is in 2015 op die mark geplaas, maar het sedertdien nog nie enige werklike belangstelling van kopers gelok nie – veral nie met dié dat dit R1,5 biljoen kos nie. Michael het die eiendom in 1987 vir $19,5 miljoen gekoop, maar dit in 2008 aan ’n beleggingsgroep vir R298 mijoen oorhandig. Daarna het die Thriller-sanger weer geldelike probleme gehad. Ná sy dood in 2009 het die plek verval.

Nog ’n twispunt is die verdwyning van die Michael Jackson se kosbare “Gone with the Wind” Oscar. Michael het die goue beeldjie wat in 1940 vir beste rolprent toegeken is in 1999 vir R23,54 miljoen op ’n veiling gekoop, en eksekuteurs van sy bedoel kan dit nie opspoor nie.

Lees ook: Die 10 vreemdste sterreversamelstukke

“Die boedel weet nie waar die Gone With the Wind-beeldjie is nie,” sê prokureur Howard Weitzman. “Ons sou dit graag wou opspoor, want dit behoort aan Michael se kinders. Ek is hoopvol dat dit een of ander tyd opgespoor sal word.”

Ons hoop van harte dat die Jackson-kinders uiteindelik sal kan aanspraak maak op die erfenis waarop hulle geregtig is, en nie net ’n paar miljoen dollar daarvan nie.

Bronne: www.mirror.co.uk; www.yahoo.com; www.perezhilton.com

Saamgestel deur Latashia Naidoo

Ook op Huisgenoot.com

Michael Jackson wou nie meer moonwalk nie

‘Paris steeds gebroke oor Michael se dood’

Michael Jackson se kinders vergewe Conrad Murray nie

Michael Jackson se bestuurder wou hom ontvoer

Michael Jackson se dogter laat nou behoorlik die koppe draai