Die Koning van pop se dogter is byna onherkenbaar!

we mustn't dwell. no, not today. we can't! not on rex manning day!

A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on
Michael Jacson se dogter, Paris Jackson, het vroeër die week haar gewaagde nuwe haarstyl op Instagram gedeel. "Ons moenie tob nie, nie vandag nie. Ons kan nie!" lui die inskrywing.

ma dude still killin' it

A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on

Dié inskrywing volg net dae nadat die 17-jarige se haarstyl van "gitswart tot blond, maar eintlik oranje" gegaan het.

you gotta embrace the awkward phase from jet black to blonde where it's pretty much orange... ch ch ch ch changes

A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on

"Jy moet die ongemaklike fase omhels wanneer jy van gitswart na blond, maar eintlik oranje gaan..." het sy geskryf.
Paris is die middelkind van Michael se drie kinders. Haar sibbes sluit die 19-jarige Prince en 14-jarige Blanket in.

tbt family forever

A photo posted by Paris-Michael K. Jackson (@parisjackson) on

Die tiener het onlangs bekend gemaak sy baklei teen die drankduiwel.

"Ek het AA-vergaderings om heen te gaan. Familie-verantwoordleikhede. Persoonlike-verantwoordelikhede," het sy onlangs op Instagram uitbasuin. Sy het ook ’n vergelyking getref tussen wat die publiek van haar verwag en wat hulle destyds van haar pa verwag het. “Die verwagtinge van my pa was f***** belaglik. Hy het niemand iets geskuld nie, tog is hy DAAGLIKS uitmekaar geruk. Ek gaan nie toelaat dat dit met my gebeur nie.”

Lees ook op Huisgenoot.com:

Sharon Osbourne het Ozzy TWEE keer met kinderoppassers in die bed gevang

OJ-moordraaisel verdiep ná moontlike moordmes opgegrawe word

Kyk: ‘Ons wil die beste in die wêreld wees’ – sê Stormers-kaptein oor sy span se Superrugby-kanse

Hierdie vrou is verskriklik fiks – en boonop 36 weke swanger!

Munisipale verkiesing 2016: Registreer so dié naweek

Van ‘plasentadrankies’ tot kriekmeel: Dié is die vreemdste kosgiere waarvan jy moet weet