Die oorlede komediant se weduwee, Susan Schneider, het Donderdag die diagnose bekendgemaak met die hoop dat dit in die nasleep van Robin se dood ander sal help met hul eie stryd.

Die siekte is al in 1991 by Michael gediagnoseer, maar het dit eers sewe jaar later bekendgemaak en het ’n uitgesproke stryder vir medelyers geword.

Ure ná die nuus het Michael in ’n twiet gesê hy beskou Robin as ’n “ware” en ondersteunende vriend.

“Stomgeslaan oor die nuus dat Robin Parkinson gehad het. Seker sy ondersteuning vir ons stigting loop sy diagnose vooruit. Hy was ’n ware vriend; ek wens hom vrede toe,” het Michael getwiet.

Die inskrywing volg kort nadat Susan die bespiegeling oor Robin se onlangse stryd uit die weg geruim het. Hy is Maandag in sy huis in die noorde van Kalifornië dood aangetref.

“Robin was nugter en hy was dapper, want hy het gesukkel met depressie, angs en die vroeë stadium van Parkinson-siekte, wat hy nie gereed was om openbaar te maak nie,” het Susan in ’n verklaring gesê.

“Ons hoop ná Robin se tragiese dood dat ander die krag sal vind om die hulp en sorg te soek wat hulle nodig het om hul eie duiwels te beveg sodat hulle minder bang voel,” het sy gesê.

© Cover Media