Michael J. Fox dink Parkinson-siekte het sy toneelspel verbeter.

Parkinson-siekte is in 1991 by die ster van Back to the Future gediagnoseer. Simptome van hierdie siekte van die senuweestelsel is bewerigheid, styfheid, stadige bewegings en gesukkel om te loop. Hy sê die siekte het hom met die jare gehelp om as ’n akteur uit sy gemaksone te tree.

Hy het aan Rolling Stone gesê hy het vroeër op sy gemaklike bewegings en spraak staatgemaak. “Dit het nuttig te pas gekom, maar toe dit weggeneem is, het ek vasgestel daar is ander goed wat ek kan gebruik.

“Daardie huiwering, daardie Parkinsons-effek, skep die geleentheid vir ’n oomblik se ruspouse om as jou karakter na te dink en te reageer wat gebeur; dit het my hierdie soort gewigtigheid gegee.”

Michael (52) keer later vanjaar met The Michael J. Fox Show terug na die kassie. Hy vertel hy bekommer hom nie meer oor wat dalk kan gebeur wanneer hy voor die kameras is nie. “Nou sê ek net: Goed, wat gebeur? En as iets gebeur, reageer ek daarop en as niks gebeur nie, reageer ek nie.”

Daar is gister bekendgemaak Billy Connolly toon vroeë tekens van die siekte. Hy is onlangs suksesvol vir prostaatkanker geopereer.

"In addition, Billy has been assessed as having the initial symptoms of Parkinson's disease."