Die 53-jarige akteur was 29 toe hy hoor hy het die siekte, wat bewings, onbuigsame spiere en stadige bewegings veroorsaak. Al is hy nou gemaklik om daaroor te praat, was daar ’n tyd toe hy dit nie kon verwerk nie.

“Daar is veel erger goed: terminale siektes en hopelose situasies, en dit was nie dit nie. Ek het net geweet ek sou aanpassings moes maak en het nie geweet waaraan ek gewoond sou moes raak nie,” het hy aan die Amerikaanse geselsprogramaanbieder David Letterman gesê. “Maar – as ek nou soetsappig kan wees – as jy dit eers aanvaar en daaroor leer en besef jy is deel van ’n gemeenskap en kan iets doen en ’n verskil maak en help, dink jy jy moet nou ophou kla en aangaan.”

Hy het mettertyd besef hy moet veranderings maak as hy ooit weer die lewe wil geniet.

Michael sê almal verskil; hy verwag nie dat iemand anders wat dieselfde diagnose kry, nes hy moet optree nie. Hy het mettertyd besef hy moet veranderings maak as hy ooit weer die lewe wil geniet.

“Dit geld vir my, maar ander mense het hul eie ervarings, en ek sê nie ander kla daaroor nie. Ek sê net ek het gesanik en moes my regruk.”

Omdat die siekte op so ’n jong ouderdom by hom gediagnoseer is, het Michael glad nie die nuus verwag nie. Hy is destyds dokter toe omdat hy gesukkel het met ’n pinkie en vermoed het dat hy dalk sy skouer beseer het.

“Die dokter het gesê: ‘Jy’t Parkinsonsiekte. Die goeie nuus is dat jy 10 jaar oorhet om te werk.’ Dit was (24 jaar gelede) en ek werk vandag nog,” het die ster van Back to the Future gesê.

© Cover Media