Michael Douglas

Die akteur en sy vrou het in Augustus ’n tydelike “blaaskans” van hul huwelik van 13 jaar geneem, en hy probeer nou bewys hulle kan nog ’n gesin wees deur pannekoek vir die kinders te maak.

“Wanneer hy in New York is, maak hy vir die kinders ontbyt en gaan weer saans terug om voor slapenstyd saam met hulle TV te kyk,” het ’n bron aan Sunday People gesê.

“Daarna stuur sy vrou hom huis toe en hy keer terug na sy eie plek in Manhattan. Hy wil bitter graag weer deel wees van die gesinslewe. Catherine dink dis baie hartroerend dat hy so betrokke is by die kinders en hy hoop dit sal haar terugwen.”

Hoewel dit tot dusver nog nie gewerk het nie, wil Michael (69) haar oortuig dat egskeiding nie die regte besluit is nie. “Michael sal enigiets doen om te herenig, maar Catherine het hom gewaarsku sy is nie reg om haar te verbind tot hul verhouding nie; egskeiding bly vir haar ’n moontlikheid.”