Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones wil opnuut trou aan mekaar beloof.

Die egpaar het twee kinders, Dylan (13) en Carys (10), maar is in Augustus ná 14 jaar uitmekaar. Hulle het later verlede jaar versoen en wil op hul gedeelde verjaardag in September hul toewyding aan mekaar herbevestig.

’n Bron het aan die Britse Grazia gesê: “Michael en Catherine het die afgelope paar maande baie saam deurgemaak.

“Hulle wil graag hul huweliksbeloftes hernu en oorweeg hul gedeelde verjaardag op 25 September as ’n moontlike datum daarvoor.”

Die Hollywood-paar het berading gekry om hul huwelik reg te ruk, en veranderinge aangebring om hul verhouding staande te help hou.

Die bron het verduidelik: “Berading het Catherine en Michael baie gehelp. Hulle werk aan verskillende maniere om hul gevoelens te verwoord, onder meer dagboeke.

“Hulle wys dit net aan mekaar wanneer dit sleg gaan. Dit bied hulle ’n uitlaatklep.

“Hulle gaan elke jaar ’n maand afsonderlik deurbring. Hulle het besef hoe belangrik ’n blaaskans is en om af en toe tyd vir ’n bestekopname in te ruim.”