Die sanger en sy vrou, Luisana Lopilato, het die hartseer nuus van hul driejarige seuntjie se siekte verlede maand gedeel nadat die koerant La Nacion in die model se geboorteland, Argentinië, daaroor berig het.

Luisana se suster, Daniela, het daarna gesê die seuntjie het lewerkanker.

Noah het met chemoterapie in Amerika begin om die gewas te laat krimp, en luidens berigte uit Argentinië hoop dokters om die kleinding teen die einde van die jaar te opereer. Volgens die Daily Mail sal dokters later vandeesmaand nog ’n biopsie uitvoer voor hulle met die beplande operasie voortgaan. Michael en Luisana het nie kommentaar gelewer op Noah se toestand sedert hulle hul oudste seun se siekte aangekondig en vir privaatheid gevra het nie. “Ons vra in hierdie moeilike tyd vir jul gebede en dat julle ons privaatheid sal respekteer,” het hulle in November in ’n verklaring aanlyn gesê. “ ’n Lang pad lê vir ons voor en ons hoop dat ons met die steun van familie, vriende en aanhangers wêreldwyd die stryd sal wen as dit God se wil is.”

A photo posted by Michael Bublé (@michaelbuble) on

Michael het sy loopbaan opsygeskuif om sy seun te steun en uit ’n optrede by die BBC-musiekpryse in Londen onttrek sodat hy in Amerika kan bly.

Hy beplan nog om die Brit-toekennings in Februarie in Londen en die Juno-toekennings in April in sy geboorteland, Kanada, aan te bied.

Michael en Luisana het nog ’n seun, Elias, wat in Januarie een jaar oud word.

© Cover Media